Frikkies internet Café
Hoërskool Frikkie Meyer het op Vrydag 16 September, hul Anglo Telkom Stigting Inligting Sentrum geopen. Mnre Francois Uys van Anglo, Isaac Lentsi van Telkom en Deon Azaar, hoof van Frikkie Meyer, het die opening waargeneem.
Die Inligting Sentrum is geborg deur Anglo Platinum Amandelbult en Union seksie, sowel as die Telkom Stigting. Die voorsitter van die skool se beheerliggaam, mnr Riaan de Villiers, het in sy bedankings genoem dat dit die mees waardevolste en aanmoedigendste belegging vir die kinders is.
Dit is siggewend dat die opvoedkunde en Nationale Kurrikulum meer leerling-gesentreed as onderwyser-gesentreerd is. Die opvoeding van vandag se jeug benodig die volle ondersteuning van hul ouers, sowel as die plaaslike besigheid sektor.
Thabazimbi is bevooreg om Maatskappye soos Anglo en Telkom te hê wat hul kommiteer tot die opvoeding van die jeug. Na die formaliteite was die gaste uitgenooi na die Inligting Sentrum waar gretige leerders besig was om die Internet te “surf”, opsoek na nodige informasie vir projekte.