Steenbokpan VLU 4×4 rally

STEENBOKPAN – Die Steenbokpan Vroue Landbou Unie bied vir die tweede jaar ‘n 4×4 rally op Saterdag, 24 September om 07:00 aan. Hierdie rally word aangebied op die plaas Tweeriviere teen die Limpopo rivier in die Steenbokpan, Ellisras omgewing.
Daar sal twee bane wees waarvan baan A ‘n gesinsbaan met hope pret, hindernisse en aktiwiteitspunte is. ‘n Vraelys word gedurende die rit voltooi en die tyd wat gery word is net so belangrik. Die geslagte gaan ook die geleentheid gegun word om teen mekaar mee te ding (mans, vroue en kinders).
Die vroue daag die mans uit om te kom wys wat in hulle steek. 4×4 voertuie en bakkies met ‘n ewenaarslot kan vir die kompetisie inskryf. Daar sal ook inskrywings vir motorfietse beskikbaar wees.
Baan B is vir die harde baarde met die taai 4×4 voertuie wat deur ‘n wilde hindernisbaan teen tyd kompeteer. Hier is kategorië vir “longweelbase” en “shortweelbase” voertuie. Kostes per inskrywing beloop R120 per voertuig en R100 per motorfiets. Toegangsgelde is R10 per persoon.
Dit beloof om ‘n groot feesdag met ‘n biertuine en springkasteel vir die kinders te wees. Almal word hartlik uitgenooi om die gesinsdag saam met die Steenbokpan VLU dames te kom geniet. Braaipakkies en koeldranke sal ook te koop aangebied word. Pap en sous sal gratis voorsien word. Vir navrae kan Elize Jordaan gekontak word by (014) 779 0960.