Groot vermaak by Springbokken Carnaval

LEEUPOORT – Die Springbokken Carnaval het verlede Saterdagaand vir groot vermaak gesorg. Die gaste het heerlik saamgekuier en die vertonings wat die aand gelewer is, was onvergeetlik.
Die Bushveld Babes het ook ‘n uitstekende vertoning gelewer. Hierdie babes moes op aandrang van die gehoor ‘n derde vertoning lewer. Die manne het hierdie dames staande toegejuig. Die ete was uit die boonste rakke en die gaste het met groot geesdrif meegedoen aan al die Carnaval pret. Na afloop van die konsert het almal lekker gedans en is daar deurgedruk dagbreek toe.