General

Lente winde bring veldbrande

Dit is weer daardie tyd van die seisoen waar veldbrande eiendom, mense en diere vernietig. Van Augustus tot Oktober is dit droog, warm en winderig.
Die stryd om veldbrande te verminder duur steeds voort en dit wil voorkom asof die oorlog teen brande gewen gaan word. Dit is volgens die Departement van Water en Bosbou.
Veldbrande hou nie slegs ‘n risiko in vir menselewens, eiendom en die natuur nie, maar is ook ‘n bedreiging vir die Departement van Water en Bosbou se langtermyn visie om armoede te verminder deur veldbrande se verwoesting te voorkom.
Bestuur veldbrandrisiko’s deur nie brandhout teen geboue te stoor nie; brandstof storing op jou eiendom te verminder; lae brandstof areas voor te berei sodat lewendehawe kan verskuif word in brandgeval; jou voervoorraad te beskerm; bome (op ‘n veilige afstand van huise) te plant sodat windspoed verminder kan word en warm kooltjies of warm as verspreiding beperk kan word; maak voorbrande tussen jou lande en enige publieke pad of treinspoor; verwyder takke van bome wat moontlike kortsluitings kan veroorsaak; beperk die gebruik van masjinerie op dae wat brandgevaar hoog is en maak seker dat alle vure behoorlik geblus is voordat jy hulle sonder toesig laat.