Boere inligtingsdag by Dwaalboom
DWAALBOOM – Die De Wildt Jagluiperd en Natuurlewe Trust bied op 21 September ‘n boere inligtingsdag aan. Verrigtinge sal om 09:30 te Atherstone Natuurreservaat, Dwaalboom, in aanvang neem.
Die verantwoordelike gebruik van gifstowwe vir roofdiere, verantwoordelike veld bestuur vir die bees- en wildboer en wildsvleis as bron van inkomste gaan van die besprekingspunte wees.
Die De Wildt Jagluiperd en Natuurlewe Trust sal ook terugvoering gee oor navorsing op jagluiperde in die gebied. Ander interessante praatjies sal roofdierprobleme, plaasdierprobleme, jagters in Suid-Afrika (etiese jag) en die monitering en bewaring van roof- en aasvoëls insluit.
Belangstellendes moet voor 16 September met Kelly Marnewick bevestig by 082 477 4470. ‘n Middagete sal voorsien word.