Somer is weer slangtyd
Die somer is hier en dit maak dit ook weer slangtyd. Daardie reptiel wat almal die haas se pad laat kies. Slange waag dit dikwels na aan huise wanneer die kosbronne in die veld verminder.
Die huistuine is gewild aangesien dié reptiele dan jag maak op knaagdiertjies soos muise, veldrotte, voëls en voëleiers, ander klein slange, akkedisse ensovoorts. Tuine bied ook skuiling teen hitte-uiterstes.
Die algemeenste slange wat naby huise aangetref word, is die huisslang (Lamprophis sp.), gewone slakvreter of tabakrollertjie (Duberria lutrix) en die gevlekte skaapsteker (Psammopylax rhombeatus). Dié slange is almal skadeloos.
Die gevaarlike soorte is die pofadder (Bitis arietans), ‘n agresiewe slang wat stadig beweeg en kenmerkende geel en bruin patrone het, die boomslang (Dispholidus typus), wat besonder groot oë het en meesal in bome of struike op verkleurmannetjies en voëls jag maak, en die Egiptiese spoegkobra.
Slangkenners sê dit is beter om weg te beweeg van slange, veral as jy nie seker is watter soort dit is nie.