Roosterbrood besoek bonanza
THABAZIMBI – Roosterbrood besoek ons klein dorpie vir die tweede maal die jaar,eers het hulle hul self bekend gemaak op die wildsfees,en verlede Saterdag het hul by Bonanza opgetree,waar oud en jonk tot vroeg smorêns litte los gemaak het.
Hierdie groot makietjie is saamgesit deur ons eie Nico van der Merwe, die verkoopsman van Delte motors. Hierdie lekker kuier hat al reeds om 8:00 uur laas saterdag aand gegin, kaartjies was R20-00 per kop en die kleingoed was ook welkom. Die musiek wat gemaak is,is bietjie van alles,dit hou jou aandag die heeltyd. Ongelukkig is hulle CD nie in ons musiek winkel se rakke te koop nie,daar is ongelukkig geen borge om hul te help nie, jammerte. Die publiek kan wel die CD’s bestel op die volgende nommer, 083 283 1891. Daar is ook darim die voorreg gebied om hulle vir privaat funksies te bespreek, ongelukkig moet dit twee maande voor die tyd geskied. met die onderhoud wat Die Kwêvoël met hulle gevoer het, sê die broers Anton en Martin Roos dat hulle nog nooit soveel mense met sulke lekker gees in n’ klein dorpie soos die beleef het nie. Die broers het groot geword in Rustenburg en vestig hulle tans in Pretoria. Anton Roos sing al vir 12jaar, hy het sy jonger broer Martin eers drie jaar gelede betrek.