General

Planetorium besoek laerskool

THABAZIMBI – ‘n Mobiele planetorium het die afgelope week besoek afgelê by Laerskool Thabazimbi. In die verskillende uitkomsgebasseerde leerareas, vanaf Gr R tot Gr 7, word die ruimte behandel.
Dit sluit die sonnestelsel, planete, konstellasies, die grootte en vorm van die verskillende hemelliggame in. Die planetorium bied ‘n geintegreerde vertoning aan en dit het ‘n besoek aan die skool geregverdig.
Die koepel van die mobiele planetorium is in die skoolsaal opgeslaan. Feitlik al die leerders het oor ‘n tydperk van 3 dae ‘n geleentheid gehad om die wonder van ons sonnestelsel te aanskou en na die lesings te luister.
Me Hantie Voster, organiseerder van die planetorium, sê dat die leerders, groot en klein, dit baie interessant en leersaam gevind het