General

Frikwensies spog met nuwe vertoning

THABAZIMBI – Die revuegroep van hërskool Frikkie Meyer, die Frikwensies, spog met ‘n splinternuwe vertoning vir 2005. die tema van hierdie jaar is “Canto alla Vita”, wat beteken “I chant to life”.
Die Frikwensies neem weer vanjaar deel aan die Minimax Revuekompetisie en het reeds die Limpopo Provinsiale gewen. Die Minimax gala aand vind op Vrydag, 7 Oktober by die Mosaïek Teater in Roodepoort plaas.
Die Frikwensies nooi almal hartlik uit om hul volgende vertonings by te woon:
10 September om 14:30 te Extravaganza teater, Sun City en kaartjies beloop R50 per persoon; 14 September om 19:00 by HFM se skoolsaal. Kaartjies beloop R10 per kleuter of laerskool kind en R30 per volwassene en op 15 en 16 September by HFM se skoolsaal om 19:00. Kaartjies sal R30 per persoon beloop. Vir besprekings kan (014) 777 1583 geskakel word.
Die Frikwensies tree ook vanjaar by die ATKV Opelug teater te Aardklop, 30 September om 13:00 op. Hierdie vertoning is gratis en toeganklik vir almal. Die Frikwensies tree ook op by Hoërskool Ellisras op 1 September, Kumba Resources te Groenkloof Ouditorium, Pretoria op 2 September, Hoërskool Montana te Pretoria op 3 September en in Dwaalboom op 9 September.