Entertainment

Bosveld pretrit om die draai

VAALKOP – Die gewilde Bosveld pretrit te Vaalkop is om die draai en vind Saterdag 27 Augustus plaas. Dit is reeds die sesde agtereenvolgende jaar dat Laerskool Sanddrift dié geleentheid aanbied.
Die pretrit lok jaarliks talle 4×4-, motorfiets- en quadbike geesdriftiges en is ‘n heerlike uitstappie vir die hele gesin met genoeg eet- en drinkgoed en vermaak vir elkeen. Daar word vanjaar voorsiening gemaak vir ‘n “Kids-race”. Deelnemers sal op hul eie baan meeding en inskrywingsgeld vir dié afdeling beloop R100.
Die bane word deur kundiges uitgelê en is voorwaar ‘n groot uitdaging. Pragtige pryse is op die spel en elke deelnemer ontvang ‘n pet en medalje wat eie is aan die Bosveld rally. Die 4×4’s en pypkarre spring 07:00 weg en inskrywingsgelde is R250. Motorfietse en quads registreer vanaf 07:00 en hul wegspring is 09:30. Hierdie inskrywingsgelde beloop R200.
Toegang vir dagbesoekers en hoërskoolleerlinge beloop R20 per persoon – toegang vir laerskool en voorskoolse kinders is gratis. Daar kan ook ingeskryf word vir die Preditor 90 Quadbike (Polaris) ter waarde van R17 000 wat as prys geborg word deur mnr Mauritz Oberholzer van Quad House, Polaris in Brits. Kaartjies vir hierdie kompetisie is te koop teen R50 elk en een maklike vragie moet dan beantwoord word.
Inskrywings vir die Polaris kompetisie sluit op Saterdag 27 Augustus om 15:00 en die trekking vind later die middag plaas tydens die prysuitdeling van die rally. Die wenner moet teenwoordig wees of hy verbeur sy prys.
Vir verdere navrae kan Annalien gedurende skoolure gekontak word by (012) 277 2333 of Jaco by 083 412 6702. Laerskool Sanddrift se faks nommer is (012) 277 1916 en hul
e-pos is sanddriftlaer@54.co.za