Blomtyd in Thabazimbi!
Dit is blomtyd in Thabazimbi en al wat skaars blomsoort is blom vanjaar. Selfs die Jade Vine wat die afgelope 10 jaar nie wou blom nie, het in al sy glorie trosse uitgepak nadat sy eienaar, me Annemarie Benecke, gedreig het om hom met wortel en al uit te pluk.
Annemarie, sê haar suster, wat ‘n kwekery in Natal bedryf, het 10 jaar gelede die stegie van die Jade Vine vir haar gegee nadat dit nie wou blom nie. Die afgelope 10 jaar het sy haar uiterste geduld aan die dag gelê en besluit dat sy vanjaar hierdie plant gaan ontwortel aangesien hy geen blomme dra nie. Groot was hul verrassing toe hy reeds in Junie maand begin lewe kry en nou in volle blom is.
Die Jade Vine het sy oorsprong in die Phillipyne waar dit in tropiese reënwoude groei. Die “aqua-marine” kleur van hierdie blomme, is byna uniek in die plante koningkryk. Die Jade Vine word ook in Hawaii gekweek vir blomkranse.
Die Impala lelie is ook in blom met sy prag wit en rooi blommetjies. Hierdie lelie is by mnr Wolf Buitendag se huis in Diederikstraat afgeneem. Dié lelie blom tussen Mei en September maand en hul natuurlike verspreidings area is vanaf Suidoos Zambië, deur Malawi, Zimbabwe en Mosambiek tot by Limpopo, Mpumalange en noordelike dele van KwaZulu Natal.
Die Impala lelie is reeds in 1819 ontdek en word gewoonlik in klipperige gebiede aangetref en kan vir lang periodes sonder water oorleef. In beskermde areas word hulle aantreklike bome. In Afrika is dié lelie bekend as ‘n oorsprong van vis gif en pyl gif. Hul blare en blomme is ook giftig vir beeste en bokke.
Wolf Buitendag het ook aan Die Kwêvoël die pienk blom gewys van die Koraalboom wat hy gekweek het. Die Koraalboom se fyngedrukte blare is vir septiese sere en die verpoeierde, gebrande bas vir oop wonde as volksmedisyne gebruik.