Steenbokpan VLU nuus
STEENBOKPAN – Die Steenbokpan VLU dames het op 10 Augustus vergader en Elsa Mouton van El-Wi Volkome Vrou het met oplossings gekom vir wanner jy baie moeg of siek voel – dit terwyl jy springlewendig is.
Sy het met die dames haar passie vir kleur gedeel en gedemonstreer hoe belangrik dit is om die regte kleure by die regte ondertone te dra. Volgens Elsa, laat dit jou jonger, vars en vrolik lyk, terwyl die verkeerde kleure by die verkeerde ondertone jou siek, afgemat en oud laat lyk.
Jou vel se ondertoon deel jou in seisoene van kleur in, waaronder winter (blou ondertoon) en somer (geel ondertoon), die hoofseisoene is. ‘n Geel ondertoon persoon kan byvoorbeeld nie klere met blou skadu’s of ondertone, dra nie,en andersom.
Steenbokpan VLU is ook weer hard besig om te beplan aan hul tweede 4×4 rally wat op 24 September plaasvind. Dit beloof om weer soos verlede jaar ‘n dag van groot sports te wees. Nuwe voorstelle en borge sal waardeer word.
Steenbokpan hou op 14 September om 09:30 hul vergadering te Steenbokpan boeresaal en almal word hartlik uitgenooi. Die volgengde persone kan gekontak word vir meer inligting: Elize Jordaan, voorsitster, (014) 799 0960, Ilana Venter, sekretaresse (014) 779 0608 of Riana Peacock, skakelbeampte (014) 766 0229.