General

Ruiters presteer by Landbouskou

THABAZIMBI – Die plaaslike ruiters het Saterdag, 6 Augustus aan die perdespring kompetisie by die skou deelgeneem en as volg presteer:
Met die “Childrens Utility” behaal Tayla Hearn 1ste plek op Mexican Chilli en met die “Open Utility” behaal Nickey van Vuuren 1ste plek op Jolly Joker en Tanita Janse van Rensburg 2de plek op Gentle Dawn. Melissa de Beer is 3de met Fluorescent Tube.
In die “Childrens Welcome Stakes” is uitslae as volg: 1ste plek – Anda Lee op Mistique, 2de plek Anda Lee op Misty, 3de plek Nickey van Vuuren op Twenty-Twenty en 4de Gillian Trollop op Troy.
“Junior Adult Welcome Stakes” se uitslae was as volg: 1ste Nickey van Vuuren op Jolly-Joker, 2de Chantell Coetzee op Hallmark Le Ame de Noël en 3de Hes-marie Buys op Mexican-Chilli.
“Childrens Accumulator” uitslae as volg: 1ste Lindie de Beer op Cobra, 2de Anda Lee op Mistique en 3de Gillian Trollop op Troy.
“Junior Adult Accumulator” uitslae as volg: 1ste Nickey van Vuuren op Jolly Joker, 2de Melissa de Beer op Fluorescent Tube en 3de Chantell Coetzee op Hallmark Le Ame de Noël.
In die “Childrens Championship” wen Lindie de Beer op Cobra. In die “Junior-Adult Championship” eindig Nickey van Vuuren 1ste op Jolly Joker, Tanita Janse van Vuuren 2de op Gentle Dawn en Chantell Coetzee 3de op Hallmark Le Ame de Noël.
Suzette de Villiers, wat ook ‘n deelnemer was, se perd Black Velvet, het verlede Vrydag sy been in ‘n frats ongeluk gebreek en moes uitgesit word. Die perdeklub het hul diepste medelye aan Suzette oorgedra met haar groot verlies.