Jukskei nuus

THABAZIMBI – Die eerste Jukskeiliga van Nyl Wyksbond het plaasgevind op Saterdag 6 Augustus te Thabazimbi. Nege spanne het meegeding in afdelings A, B en C. Die uitslae is as volg:
A-afdeling: 1ste Tarentale met 57.5, 2de Olifante (Groblersdal) met 51 punte, 3de Thabazimbi 1 met 41.5 en 4de Thabazimbi 2 met 30 punte. B-afdeling: 1ste Naboompark met 42 punte, 2de Olifante met 39.5 punte en 3de Tarentale met 25 punte. C-afdeling: 1ste Kromdraai met 22 punte en 2de Thabazimbi met 20.5 punte.
Die volgende Bondsliga vind plaas op Saterdag 20 Augustus te Mokopane wanneer die noorde (Pietersburg Wyksbond) teen die suide (Nyl Wyksbond) meeding vir die Tarentale Trofee. Op 27 Augustus vind die skole Jukskeitoernooi plaas te Polokwane.