Gholfnuus
THABAZIMBI – Baie van die spelers het verlede Saterdag in die Denton Borgdag op Amandelbult gaan speel. Twee van die jong manne, John-Henry Williams (39) en Rikus de Wet (38) het ook eerste en tweede geëindig.
Nog een van die jong manne, Jaco Prinsloo, het op Witbank vir die Gauteng Noord se O/16 span gespeel. Hy en sy maat het die oggend se “Foursomes” gewen en daarna het hy ook die middag se slagspel gewen.
Die liga op Mogol vind Saterdag 20 Augustus plaas. Manne wat daar gaan speel is Denis Dreyer, Wenef du Plessis, Jakkie van der Wateren, Piet Venter, Riaan Vorster, Derek Torlage, Jannie van Graan en Jan-Floris van der Wateren. Vir die veterane sal Hans Human, Chris Bronkhorst en Bernie Gous daar wees.
Spelers moet asseblief onthou dat die klub op Saterdag 3 September hul veertigjarige bestaan vier. Die dag word geborg deur Johan Britz wie se vader, Bertus Britz in die begin jare ‘n groot rol in die ontstaan van die baan gespeel het. Die dag sal daarom dan ook as die Bertus Britz-dag bekend staan.
Alle lede word hartlik, maar dringend uitgenooi om aan die besondere dag te kom deelneem. Lede word ook herinner van die Interaksie Gholf volgende Vrydag 26 Augustus. Mike Nortje word bedank vir die toerusting wat hy beskikbaar gestel het om grond aan te ry vir die gelykmaak van die bowwe.