Vee Interrasbeoordeling uitslae

THABAZIMBI – Die vee interrasbeoordeling het verlede week tydens die Landbouskou plaasgevind. Mnr Theo Dicke, wat as interrasbeoordelaar opgetree het, het ‘n geweldige breë kennis van al die beesrasse en het die interrasbeoordeling ingekleur met sy besprekings tydens die plasing van die verskillende diere. Die afdeling uitslae was as volg:
Groep van twee verse of koeie ingeskryf deur die teler: 1ste – Simmentalers van Danie Vos, 2de – Rooi Brahmane van Johan Prinsloo en 3de – Afrikaners van dr Pieter de Kock.
Groep van twee bulle ingeskryf deur teler:  1ste – Limousines van John Davenport, 2de – Simmentalers van Willie O’Brien en 3de – Wit Brahmane van Llewellyn Labuschagne.
Groep van twee manlik en twee vroulik ingeskryf deur die ras: 1ste – Wit Brahmane, 2de – Simmentalers en 3de – Limousines.
Interraswenner individueel: rooi bul van Biesiesvlei Boerdery van DSV-Brahmane en Simmentaler koei van Callie Lee van Simlee Simmentalers.