General

Studente onderwysopleiding by Laerskool Thabazimbi

Die afgelope twee jaar het Laerskool Thabazimbi reeds met groot welslae die nuwe terrein van studente onderwysopleiding betree. Omdat onderwys so ‘n praktiese beroep is, besef Laerskool Thabazimbi watter wonderlike geleentheid dit vir ‘n student is om op hierdie wyse sy opleiding te ontvang.
Die skool het huidig twee studente wat besig is met hulle Nagraadse Onderwyssertifikate (NOS) deur UNISA. Die derde student is in haar tweede jaar en sy studeer haar volle termyn aan Noordwes Universiteit – Potchefstroom kampus.
Hierdie studente word finansieël ten volle deur die skool gedra ten opsigte van studiegeld en handboeke. Daarbenewens ontvang sodanige student ook ‘n maandelikse salaris wat jaarliks volgens vordering aangepas word.
Vir enige voornemende onderwysstudent sal dit ‘n wonderlike voorreg wees om sy kwalifikasies op dié wyse by Laerskool Thabazimbi te bekom.