Simmentaler bul behaal rekord prys
THABAZIMBI – Die Simmentaler bulletjie, “Supmal”, van Alvos Simmentaler Stoetery, het onlangs ‘n rekord prys van R30 000 behaal. Die teler, mnr Danie Vos van Thabazimbi, is baie in sy skik met hierdie bulletjie wat een van die grootste telers in die genootskap se aandag getrek het. “Supmal” is ‘n KI geteelde kalf van 22 maande.
Vos is deur mnr HGS Voigts van Windhoek genader nadat hy ‘n foto van die bulletjie gesien het wat op Lichtenburg skou geneem is. Voigts is die vyfde grootste teler in die Simmentaler Genootskap, wat Suid-Afrika en Namibië insluit.
Vos se stoet is by die Thabazimbi Landbou Skou te sien waar hy sy beeste vertoon.