Entertainment

Shoprite boereworskompetisie spring weg

THABAZIMBI – Shoprite Checkers se gewilde, jaarlikse boereworskompetisie, het verlede Saterdag weggespring. Altesaam 11 deelnemers het die stryd “uitgebraai”.
Die gewilde sangeres, Nádine, het deelnemers en ondersteuners deurentyd aangemoedig met haar vrolike stem.
Die wenner van die braaikompetisie was mnr Doep du Plessis wat op 27 Augustus deurdring na die provinsiale uitdunne te Pietersburg. Die wenner by dié geleentheid sal deurgaan na die finale rondte wat weer by Sun City se Valley of the Waves aangebied gaan word.
Die tweedeplek is deur me Celia Bekker gewen en me Hester van Niekerk was in die derdeplek.