Pam Golding stel nuutste boek bekend
THABAZIMBI – Pam Golding Eiendomme stel die nuutste boek deur prof J du Plessis en Clive Walker, The Soul of the Waterberg, op 18 Augustus by hul Thabazimbi tak bekend.
Die Waterberg is lank reeds ‘n wildernes-verhaal in Suid-Afrika, maar min is bekend oor hierdie pragtige streek. Die Waterbergreeks is een van die oudste reekse van sy soort in die wêreld.
Dit bevat ‘n groot verskeidenheid biologiese-, kulturele- en toerisme fasette en die streek rondom dit is reeds in 2001 as internasionale biosfeer verklaar. Dit staan nou bekend as een van die natuurlike juwele van die wêreld en het een van die voorste toerisme bestemmings geword.
The Soul of the Waterberg is die eerste, voortreflik geïllustreerde boek oor die Waterbergreeks wat 187 bladsye beslaan. Ter viering van die opening van Pam Golding Eiendomme se Thabazimbi kantore en die sukses van hul Ellisras en Thabazimbi agente, sal prof J du Plessis en Clive Walker op 18 Augustus vanaf 15:00 tot 18:00 beskikbaar wees om ‘n kopieë van hul boek te onderteken.
Die boek sal beskikbaar wees teen ‘n kontant prys van R249. Geen kredietkaart fasiliteite is beskikbaar nie. Indien jy belangstel om die opening van dié boekbekendstelling by te woon, kan jy die Thabazimbi kantoor kontak by (014) 777 1822.