Nuwe ontwikkeling in Thabazimbi van die grond af

THABAZIMBI – Die nuwe eiendomsontwikkelaars, VN Groep, het op Woensdag 27 Julie hul bekendstelling te Thaba Nkwe gehou. ‘n Aantal genooide gaste het die geleentheid.
Die ontwikkeling in uitbreiding 18 Thabazimbi, word as ‘n gesamentlike projek deur die VN Groep en Adamson Neilson behartig. Beide ontwikkelaars is vir jare in die bedryf.
Die ontwikkeling is geleë aan die einde van Vanderbijlstraat aan die ooste van Thabazimbi. Bekendstelling word reeds gedoen en belangstellendes is welkom om die reklametent aan die einde van Vanderbijlstraat te besoek. Voornemende kopers kan reeds uit ‘n verskeidenheid van argiteksplanne, wat heelwat nuwe boustyle teen sakpaspryse insluit, kies. ‘n Groot aantal huise en eenhede is reeds verkoop. Vir meer inligting kan u Chris Prinsloo by 083 278 9230 skakel.