Nominasies vir Thabazimbi Afrikoon ingewag
THABAZIMBI – Die ATKV vier vanjaar hul 75ste bestaansjaar en gaan tesame met dié geleentheid ‘n Afrikoon (e) vir Thabazimbi aanwys.
Kandidate word beoordeel op grond van ‘n Afrikaner, wat uit die gemeenskap vir die gemeenskap ‘n bydrae tot Afrikaans gemaak het. Nominasies sluit op 31 Augustus en kan aan Sonja van Tonder deurgegee word by 082 881 5465.
Die spog geleentheid vind op 19 Oktober by Laerskool Thabazimbi plaas en die sanger Jannie Moolman gaan die 100 gaste takteer.