Sport

Kitty Jooste Jukskei Ope-dag

Die jaarlikse Kitty Jooste Jukskei Ope-dag het plaasgevind op 23 Julie te Polokwane. Die funksie is deur Steenbokklub aangebied en aan Kitty, wat onlangs haar negentigste verjaarsdag gevier het, opgedra. Sy was die eerste speler wat haar Springbokkleure vir Jukskei ontvang het in die destydse Verre Noorde.
Die opkoms was goed en twintig senior spanne en ses laerskool spanne het deelgeneem in afdelings A, B en C. Uitslae is as volg:
A afdeling: 1ste – Landdros 64.5, 2de Tarentale (Potties) 61.5 en 3de Steenbok met 44 punte. B afdeling: 1ste Korhane (Groblersdal) 52, 2de Levubu 47 en 3de Thabazimbi met 46 punte. C afdeling: 1ste Landdros 59.5, 2de Naboompark 54.5 en 3de Steenbok met 54 punte.
Die Pietersburg Wyksbond se ligas vir 2005/06 begin op 6 Augustus. Persone wat belangstel om te speel of meer inligting verlang, kan Martiens Vermaak kontak by (015) 295 4501 en saans by 084 880 8379 of vir Daan Botha by (015) 297 3795 en 082 679 3350.