Jagkamp wenners aangewys

Van Wykskraal – Laerskool Van Wykskraal se Jagkamp kompetisie het weer ten einde geloop. Die gelukkige trekkings is deur Bernie Gous van Pick ‘n Pay, wat die hoofborg van die kamp was, behartig.
Uitslae van die kamp wenners is as volg: 1ste prys – P Naude, Potchefstroom (wen R20 000 kontant of jagpakket ter waarde van R26 000), 2de prys – WT Stokes, Eldogen (wen R5 000 kontant of jagpakket ter waarde van R7 000), 3de prys – Pautz en June, Spitskop plotte, (wen R2 000 kontant of jagpakket ter waarde van R3 200), 4de prys – L van Huyssteen, Potchefstroom (wen twee aande akkommodasie op wildsplaas vir 4 tot 6 persone), 5de prys – G Nel, Betlehem (wen twee aande akkommodasie op wildsplaas vir 4 tot 6 persone).
Wenners 6 tot 10 wen elk ‘n biltong mandjie ter waarde van R300. Hulle is: 6de plek – D Mioch, Sloane Park, 7de plek – I Watson, Hartebeespoortdam, 8ste plek – S Belgrouve, Brits, 9de plek – W Grobler, Magalieskruin en 10de – D van der Walt, Roodepoort.