General

HFM sport uitslae

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer se eerste rugbyspan het verlede Saterdag, 6 Augustus, teen Hoërskool Ben Vorster, Tzaneen, te staan gekom in die Beeld kwartfinaal rondte.
HFM verslaan Ben Vorster 14-13 en dring deur na die semi-finaal te Standerton waar hulle more, 13 Augustus, teen Hoërskool Standerton te staan kom.
Hokkie: Die O/14A span het die afgelope naweek teen Ermelo gespeel en die wedstryd verloor. Hulle kom more op HFM se tuisveld te staan teen Noordheuwel in die kwartfinaal van die Noordvaalplaat.
Die Blue Chip eerstespan het hul wedstryd teen Hoogenhout 2-1 verloor en speel more in die kwartfinaal van die Noordvaalplaat. Hul opponente sal óf Benoni High (wedstryd in Johannesburg) óf Florida (wedstryd op HFM se tuisveld) wees.