General

Frikwensies doen dit weer

THABAZIMBI – Die gewilde revuegroep van HFM, die Frikwensies, het verlede Saterdag weer daarin geslaag om deur te dring na die Minimax-finaal. Revuegroepe kom jaarliks teen mekaar te staan en ding mee om die Minimax trofee. Verlede jaar het die Frikwensies loshande met die louere weggestap en ook R10 000 prysgeld gewen.
Vier hoër- en laerskole het teen mekaar meegeding by die Civic teater te Rustenburg. Die Frikwensies is die algehele wenners en eindig in die eersteplek in die hoërskool afdeling en besorg hulle sodoende die titel van beste Revuegroep in Limpopo. Hoërskool Hans Strydom (Naboomspruit) haal die tweedeplek en Hoërskool Eric Louw (Musina) eindig derde. Laerskool Platina, Swartklip, se revuegroep eindig in die tweedeplek in die laerskool afdeling.
Die wenners van die Noordwes-, Limpopo-, Gauteng- en Mpumalanga provinsie gaan dit op 7 en 8 Oktober in die finaal te Pretoria uitspook.