General

Alarm- en buurtwagpatrollie keer verlies

THABAZIMBI – Inbrekers het Donderdagoggend by Connectix in Vanderbijlstraat Thabazimbi ingebreek en met ‘n paar selfone en selfoonhulse weggekom.
Die voordeur is oopgeforseer en blykbaar het een van die inbrekers direk na die alarm gestorm en dit uit sy montering geruk terwyl die ander van die vertoonkaste leeggemaak het.
Thaba Alarms en die buurtwagpatrollie, wat op die alarm gereageer het, het byna gelyktydig op  die toneel afgekom en drie persone bemerk wat deur die spruit op die vlug geslaan het. Hulle kon ongelukkig niemand aankeer nie. Die toerusting waarmee die inbraak gepleeg is, is op die toneel gevind.