General

Leeupoort roofvoël opedag

Die Leeupoort Roofvoël Bewaria (LRB) se opedag vind op Saeterdag, 30 Julie te De Wildt/Shingwedzi Cheetah and Wildlife Ranch plaas, en nie op 31 Julie soos vroeër berig nie. Hekke sal om 09:30 open.
Daar sal vermaak vir oud en jonk wees met praatjies en demonstrasies, wildbesigtiging, luiperd besigtiging, boerewors, koeldranke, verversings, ‘n tekenkompetisie vir die kinders en nog vele meer interessante gebeure.
Met die opedag word daar beoog om besoekers te vermaak en bedreigde voël- en ander spesies asook omgewingsbewaring onder hul aandag te bring.
Kom geniet ‘n dag vol vermaak en opvoedkundige praatjies saam met die Leeupoorters.