HFM gholfdag

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer bied Saterdag, 30 Julie, hul Fraro/AB Labour Gholf borgdag aan by die Swartklip Gholfbaan. Die gholfdag is ten bate van die HFM matriekafskeidfonds.
Die spel, American Scramble Better Ball met twee spelers per span, slaan reeds om 10:00 af en kostes beloop R100 per speler. Die kostes sluit ‘n halfweghuis, ete na die spel en groot pryse, onder andere twee rooibokke, in.
Gr 11 leerders en ouers reël vanjaar self die matriekafskeid en is verantwoordelik vir alle borge en fondse. Daar is reeds uitstekende geskenke ontvang en hierdie leerlinge en hul ouers het ‘n beroep op spelers gedoen om hul dag te ondersteun aangesien hulle vanjaar se matrieks wil bederf met die mees onvergeetlike matriekafskeid ooit.