Dwaalboom Oesfees om die draai

DWAALBOOM – Vanjaar bied Dwaalboom hulle Oesfees op 9 en 10 September aan.
Die tyd van die jaar is die weer al lekker warm en die jagseisoen is verby.
Die Oesfess sal op die Laerskool sportvelde aangebied word.
SA se armdrukkampioen sal ook vanjaar die Oesfees besoek en hy nooi juis die Bosveldboere uit om teen hom kragte te meet.
Willie Botha sal Saterdagaand sorg vir voetjukkende dansmusiek. Hy sal ook deurlopend musiek in die biertuin maak.
Ander interessante vermaak is die trompoppies, die Mej Dwaalboom kompetisie en selfs ‘n sangkompetisie.
Uitstalruimte is ook nog beskikbaar en voornemende uitstallers kan gerus vir Franette Pienaar by 083 700 7030 skakel.
Hou gerus Die Kwêvoël dop vir wat nog alles tydens die Oesfees gaan plaasvind.