General

Drie nuwe modelle vir Isuzu KB+ Reeks

General Motors Suid-Afrika het drie nuwe Isuzu KB modelle tot sy 1-ton ligte kommersiële voertuigreeks gevoeg.
Hierdie modelle bestaan uit ‘n nuwe diesel model, die KB250c langas Fleetside en twee nuwe petrol modelle naamlik die KB200i langas Fleetside en die KB240i dubbelkajuit 4×4 LE.
Die KB250c Fleetside verkoop teen R148 084, die KB200i Fleetside teen R130 547 en die KB 240i dubbelkajuit 4×4 teen R254 505.
Dit bring mee dat Isuzu nou vier Fleetside (twee diesel en twee petrol) modelle bied. Almal met ‘n hele aantal geriefsfunksies asook ‘n hele paar veiligheidskenmerke. Hieronder is ‘n hoë onderstel met 15 duim wiele, groter remme op die voor- en agterwiele asook ‘n glyplaat onder die enjin. Die dubbelkajuit 4×4 LE bied verder ook elektroniese vier-wiel koppeling asook meganiese naafsluiting.
Isuzu kry ook nou meer waarde vir hulle geld deurdat GM onlangs dienspakette teen geen ekstra koste vir die kliënt op enkelkajuit Isuzu bakkies en onderhoudspakette op dubbelkajuit Isuzu bakkies bekend gestel het.