“Snow Queen en King” by vanjaar se skou
THABAZIMBI – Die Mnr en Mej Thabazimbi Skou se tema is vanjaar Snow Queen en King. Daar is besluit op ‘n tema wat die koue bietjie kan weghou en deelnemers mag warm jasse by hul uitrustings dra – vandaar die tema.
Die organiseerders, Thaba Spar en Studio III Model Academy organiseer die kompetisie wat Donderdag, 4 Augustus om 19:00 by die Thabazimbi skougronde plaasvind. Die kompetisie is oop vir alle dogters en seuns, ongeag van ras, kleur en geloof.
Die organiseerders en borge se kinders word nie toegelaat om aan die kompetisie deel te neem nie en die beoordelaars is ook nie deel van die model-wêreld nie.
Dit is nie ‘n modelkompetisie nie, maar ‘n skoonheidskompetisie en enige meisie of seun wat nog nooit modelwerk gedoen het nie, kan die loopplank kom aandurf.
Die ouderdomskategorieë is dogters 7 tot 11 Jaar, 12 tot 15 jaar en 16 tot 24 jaar en die seuns slegs 16 tot 24 jaar.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 29 Julie 2005 en registrasie is stiptelik om 17:00 op 4 Augustus by die Markies tent by die skougronde. Inskrywingsgelde beloop R100 en inskrywings kan nog by Thaba Spar, Studio III en Joshua Doore gedoen word.
Die organiseerders het baie moeite gedoen met die toekennings en deelnemers gaan sommer baie in hul skik wees met die prag pryse wat op die spel is. Vir enige verdere navrae kan Peter de Beer gekontak word by 073 452 6878.