General

Oud Springbok kom kuier

THABAZIMBI – Die oud springbok rugbyspeler, Frik du Preez kom 29 Julie op Thabazimbi kuier. Du Preez was ook rugbyspeler van die eeu. Hy is die eregas by die prystrekkingsdinee van Laerskool Van Wykskraal. Die aand met die dinee vind ‘n veiling vir sportaandenkings plaas.
Tafels word verkoop aan ‘n groep van 10 persone per tafel. Beperkte hoeveelheid tafels is nog beskikbaar. Daar gaan heerlik gekuier en gedans word. Om teleurstelling te voorkom, kan Lindie geskakel word by 082 374 0649, Wilna by 073 627 0525 of Laerskool Van Wykskraal by (014) 772 3203.
Jagkaartjies is ook nou beskikbaar by die skool met jagpakkette ter waarde van R30 000 op die spel.