Sport

Jukskei nuus

Die 2005/06 Jukskei seisoen begin weer in Augustus. Nyl-Wyksbond se eerste liga sal plaasvind op 6 Augustus te Thabazimbi en die opening is om 08:30. Klubs wat gaan meeding is Thabazimbi, Kromdraai, Olifante (Groblersdal), Naboompark en Tarentale (Potties).
Indien enigiemand belangstel om te speel, ou spelers of beginners, is daar nou geleentheid om by u naaste klub aan te sluit. Vir inligting kan die voorsitter, Evert Genis gekontak word by 083 230 0824 of (014) 743 3950.
Die jaarlikse drie-spel van die Tarentale sal plaasvind op 13 Augustus te Mokopane. Dit is ‘n ope jukskeidag en daar sal meegeding word in afdelings A, B en C. Verversings sal heeldag beskikbaar wees. Vir meer inligting of om in te skryf, kan Evert Genis gekontak word by bogenoemde nommers of De Graaff Genis by 082 902 6997 of (015) 491 4600.