Gimnastieknuus
THABAZIMBI – Die Thabazimbi Gimnastiekklub spog met ses gimnaste wat in die Limpopo Provinsiale span opgeneem is wat 24 en 25 Junie aan die SA Gimnastiekkampioenskappe te Pretoria gaan deelneem.
Die dogtergimnaste is Robynne Els, Leonette van Rensburg en Friedelene Fetzer. Die seunsgimnaste is JC Pretorius, Ruben Clinton en Kenny Collignon.