Gholfnuus
Die wenners van verlede Saterdag se Slagspel was Pietie Terblanche (70), Jannie van Graan (73), Quartus Snyman (73) en Piet Venter (73). Saterdag 18 Junie word die Bosveldliga op die Thabazimbi klub se baan gespeel. Die toernooi word deur die Veterane aangebied in die plek van Nylstroom wat uit die liga onttrek het. Die baan sal daarom vir alle ander spelers gesluit wees aangesien daar 80 liga spelers op die baan gaan wees.
Die manne wat Thabazimbi se vlag gaan dra is Toppie Olivier, Dennis Dreyer, Jakkie van der Wateren, Piet Venter, Riaan Vorster, Jannie van Graan, Jan-Floris van der Wateren en Nico van der Westhuizen.
Vrydag 25 Junie is det weer Interaksie gholf. Spelers moet asseblief so vinnig moontlik by die baan wees, want die middae word nou redelik kort. Saterdag 26 Junie is dit die “Foursomes” kampioenskappe oor 27 putjies. ‘n Paar speel een bal om die beurt van die bowwe af en daarna ook beurtelings tot in die putjie. Dit is Slagspel en die paar speel van 50% van hulle gesamentlike voorgee. ‘n Paar moet van dieselfde geslag wees.
Spelers wat nog by die Indiwiduele Putjiespel betrokke is moet hulle asseblief van die sperdatums vergewis. Die onus berus op die speler wie se naam eerste van die paar is, om die reëlings te tref.
Die einde van die finansiële jaar is reeds in sig en daar is nog steeds spelers wie se ledegeld agterstallig is of nie opbetaald is nie. Die komitee probeer steeds om met die beperkte fondse die baan en klub te verbeter. Spelers word genooi om te kom kyk hoe baie met die min geld gedoen word.
Om die dinge te doen het die klub hul lede se geld nodig, hul gereelde speelgeld, en ook die kroegwinste. Betaal u ledegeld voor Augustus en spring dalk ‘n verhoging so vry. Lede wat besprekingspunte of mosies op die agenda van die Algemene Jaarvergadering geplaas wil hê moet dit voor einde Julie by die klub inhandig. Nominasievorms vir komiteelede is ook by die klub beskikbaar.
In die Junie uitgawe van ‘The Complete Golfer” is daar ‘n bylaag wat elke gholfspeler, veral beginners moet bestudeer. Die opskrif is ‘The Pocket Guide to Golf Etiquette’.
Science Of Sport – Golf
Great Golf Courses Of Southern Africa
Golf: Greatest Ever Moments
