Spaar geld met Go-Banking
Pick ‘n Pay Go-Banking beloof om jou geld te bespaar deur hul minimum bankkostes – Go-Banking se bankkostes is van die laagste in dié bedryf.
‘n Onlangse ondersoek deur Grant Thornton Geoktrooieerde Rekenmeesters, waarin die koste van verskillende banke ondersoek is, het getoon dat bankkoste met ‘n Go Account so te sê gehalveer kan word – dit sonder dat hul gehalte van hul diens of produk afneem.
Go-Banking se minimum diensgeld per rekening beloop R12 per maand. Tjekdeposito’s, balansnavrae en ministate is gratis wanneer dit by ‘n verkooppunt in enige Pick ‘n Pay winkel verrig word.
Kostes vir kontantonttrekkings, debietkaartaankope en rekeningbetalings beloop R2 elk en debiet- en stoporders R4 per transaksie. Die minimum diensgelde van R12 verval ook wanneer ‘n klient ‘n minimum balans van R5 000 in hul rekening hou.
Open vandag nog jou Go-Banking rekening en bespaar groot. Vir verdere navrae kan Pick ‘n Pay Thabazimbi gekontak word by (014) 772 2450.