General

SAPD lid betrokke by veediefstal

‘n Plaasbestuurder se vrou het op ‘n openbare pad gery en ‘n twyfelagtige voorval waargeneem. Dit het volgens getuies vir haar voorgekom asof iemand ‘n rooibok steel waarna sy na die bure se huis gejaag en alarm gemaak het. Die saak is onmiddellik by die Waterpoort SAPD aangemeld.
Die Steurkringe is geaktiveer deur mnr Willie Botha en paaie in die gebied is afgesper. Die beweerde betrokkene is op Vivo aangekeer. Die Provinsiale Koördineerder van Veediefstaleenheid is dringend inkennis gestel.
Die saak sal ook deur TLU-SA Noordstreek gemonitor word om te verseker dat die korrekte prosedure gevolg en streng volgens die wet opgetree sal word.