Mnr en Mej Thabazimbi skou 2005
THABAZIMBI – Die Mnr en Mej Thabazimbi Skou se inskrywings stroom reeds in. Die organiseerders, Thaba Spar en Studio III Model Academy is reeds in rep en roer met die organisering van die kompetisie wat Donderdag, 4 Augustus om 19:00 by die Thabazimbi skougronde plaasvind.
Die kompetisie is oop vir alle dogters en seuns, ongeag van ras, kleur en geloof.Dit is nie ‘n modelkompetisie nie, maar ‘n skoonheidskompetisie en enige meisie of seun wat nog nooit modelwerk gedoen het nie word hartlik uitgenooi om deel te neem Die organiseerders en borge se kinders word nie toegelaat om aan die kompetisie deel te neem nie en die beoordelaars is ook nie deel van die modelwêreld nie.
Die ouderdomskategorieë is dogters 7 tot 11 Jaar, 12 tot 15 jaar en 16 tot 24 jaar en die seuns slegs 16 tot 24 jaar. Die tema is Snow King and Queen.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 29 Julie 2005 en registrasie is stiptelik om 17:00 op 4 Augustus by die Markies tent by die skougronde. Inskrywingsgelde beloop R100 en inskrywings kan nog by Thaba Spar, Studio III en Joshua Doore gedoen word.
Groot pryse is op die spel en dit beloof om ‘n dag vol opwinding en pret te wees. Vir enige verdere navrae kan Peter de Beer gekontak word by 073 452 6878.