Koppie vir Kansa

Kansa ontvang minimale staatstoelae en is afhanklik van skenkings, borge en hul eie fondsinsamelingsprojekte vir fondse die waardevolle werk wat hulle in die gemeenskap lewer.
Shoprite Checkers en Freshpak Tee het hande geneem om die Koppie vir Kansa promosie in al Shoprite Checkers en Checkers Hyper winkels aan te bied om fondse in te samel vir die stryd teen kanker.
Tradisioneel is Junie die Koppie vir Kansa maand, maar aangesien hierdie so ‘n prettige en maklike manier is of geld in te samel, het Shoprite Checkers besluit om hul Koppie vir Kansa promosie tot eine Julie te verleng.
Al die Koppie-geleenthede sal landswyd aangebied word by Shoprite Checkers en Checkers Hyper winkels waar jy ‘n koppie koffie of -tee en ‘n snytjie koek sal ontvang. ‘n Donasie van R5 word dan gevra om die werk van Kansa te ondersteun.
Besoek jou naaste Shoprite Checkers of Checkers Hyper winkel vir meer inligting oor die Koppie vir Kansa dae in jou area. Vir meer inligting kan Ilse van Zyl gekontak word by (021) 980 4575.