Eerste vir “Landbou-Idols” sangkompetisie

THABAZIMBI – Die Landbouskou bied vanjaar hul eerste “Idols” sangkompetisie op Saterdag, 6 Augustus aan. Alle voornemende sangers van 5 tot 19 jaar word genooi om aan hierdie kompetisie deel te neem.
Die kompetisie gaan van 12:00 tot 15:00 aangebied word onder die Markies tent op die arena by die skougronde. Die vereiste? Jy mag nie skaam wees nie! Daar sal twee katagorieë wees naamlik die sangafdeling (ses ouderdomsgroepe) en die orkesafdeling (twee ouderdomsgroepe).
Bekendes van die voorwêreld sal as beoordelaars optree en groot pryse is op die spel. Die inskrywingsfooi beloop R40 per persoon en R60 per orkes. Inskrywingsvorms is by die skouterrein beskikbaar. Skoolgaande kinders kan hul inskrywingsvorms by hul skole afhaal.