General

Thaba stappers in Namib woestyn

THABAZIMBI – ‘n Groep van ses stappers waarvan vier uit eie bodem, Willie en Heleen Stevens en Gerrie en Ansa van den Berg, het vanaf 3 Mei tot 10 Mei die veeleisende agt dag staproete in die Naukluft Park in Namibië aangedurf. Die ander twee stappers was Leon en Vera van Windhoek.
Die stappare het reeds saam staproetes aangedurf soos die Visrivier Canyon en die Otterwandelpad. Albei pare is dit eens dat hierdie seker die gevaarlikste, uitdagendste, uitputtendste, maar mooiste roete is wat in hul boeke sal wees.
Volgens Heleen is die 121 kilometer staproete eerder ‘n klimroete aangesien 90% van die hele agt dag roete bestaan uit klim – baie styl op en af. Op sekere plekke moet stappers met sak en al met die hulp van een ketting teen gevaarlike hoë watervalle opklim of kranse afklim.
Plek-plek loop die roete deur diep ravyne en sommige plekke is dit vlaktes wat besaai is met uiters rowwe klippe. Daar is ook nie bome vir koelte nie en die Namib son was dodelik warm. As gevolg van ‘n water tekort op die roete moes stappers hul watervoorraad saamdra vir elke dag.
Elke dag se roete was ongeveer 18 kilometer met elke dag se roete meer veeleisend as die vorige dag. Op plekke styg jy 1900 meter en kan die Sosusvlei se duine gesien word. Daar was ook wild te siene soos gemsbokke, kwaggas, klipspringers en, onder andere, luiperds.

Namibia Insight Guide @Kalahari.net
The Ecology of the Namib Desert @Kalahari.net
Safari: Journeys through Wild Africa @Kalahari.net