Mabula VLU nuus
ROOIBERG – Mabula VLU lede was teenwoordig by die Streeksvergadering op 17 Februarie, Koraalstreek se konferensie op 5 Maart en by die VLU Noord Kongres op 25 en 26 Mei te Nylstroom.
Hierdie dames beplan ‘n werksklas vergadering op 15 Junie om 09:00 waar hulle gaan leer om kaartjies te maak. Hulle gaan ook die fynere kuns van teelepels wat versier word met draad en krale leer. Almal is welkom en belangstellendes kan 082 291 3253 skakel.
Die Mabula VLU kompetisie uitslae is as volg: Ria behaal 83%, Miek behaal 80% en Annetjie behaal 81% vir hul onderskeidelike ‘Dadelbrood sonder neute’.