General

Laerskool Van Wykskraal nuus

VAN WYKSKRAAL – Laerskool Van Wykskraal het hul rugby- en netbalseisoen afgesluit met ‘n heerlike uitstappie na Leeupoort Laerskool op 25 Mei. Die bulletjies het Laerskool Leeupoort oorwin en teen Laerskool Tuinplaas verloor. Die senior rugbyspan speel gelykop teen Leeupoort en verloor teen Tuinplaas.
Die dogters se senior netbalspan het met twee punte teen Leeupoort verloor, maar maak skoonskip in hul wedstryd teen Tuinplaas. Die junior netbalspan speel drie wedstryde waarvan hul twee wen en een verloor.
Die skool het ook ‘n bedrywige program agter die rug met leerlinge wat Pick ‘n Pay, Pizza Cabin, Wimpy en die plaaslike polisiestasie besoek het. Al hierdie uitstappies word onderneem met die oog op opvoedkunde en die leerlinge leer elke bedryf se werking.