General

HFM Eisteddfod presteerders

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer se leerlinge het weer vanjaar puik gevaar tydens die Beeld Eisteddfod drama afdeling kompetisie. Meer as 3000 leerlinge het aan dié afdeling deelgeneem.
HFM se leerlinge het nie ‘n tree teruggestaan vir die stadskinders wat professionele afrigting dwarsdeur die jaar ontvang nie. Die junior- en senior tonele het ook hierdie jaar deelgeneem en albei ‘n A+ verwerf wat opsigself ‘n pragtige prestasie is.
Magda Bronkhorst behaal met haar vier A++’se haar erekleure en word genooi om aan die Beeld Eisteddfod se gala-aand deel te neem.