Sport

Gholfnuus

Die borgdag wat Saterdag sou plaasvind moes ongelukkig uitgestel word. Die nuwe datum sal nog bepaal word. Daar was dan ook geen kompetisie op die baan nie. ‘n Hele paar van die lede het toe op Amandelbult in hulle Sanlam Kanker kompetisie gaan speel.
Die joviale gees en melewing van die lede en spelers was verrassend by bogenoemde gholfdag. Amandelbult se baan is ook in ‘n uitstekende toestand.
Die kompetisie van die buurklubs hier in die Bosveld, moet miskien daaraan dink om so een keer per jaar saam te vergader en hulle programme te sinkroniseer. Thabazimbi, Amandelbult, Rooiberg en ook Swartklip kan net almal voordeel trek as daar nie op dieselfde dae borgdae aangebied word nie. Daar behoort ook meer onderlinge ondersteuning tussen die klubs te wees.
Daar is tans geweldige uitbreidings in Thabazimbi aan die gang. Dit is net onverstaanbaar dat daar ook nie dieselfde tendens by die gholfklub te bespeur is nie. Nuwe intrekkers kan gerus ‘n draai by die gholklub kom maak en hulle stokke saambring. Dames is veral baie welkom.
Die Sages het op Donderdag 9 Junie op Naboomspruit gespeel. Saterdag 11 Junie is dit die maandelikse Slagspel waar daar elke maand ‘n spesiale trofee te wen is. Donderdag 16 Junie is dit Jeugdag en ‘n IPS kompetisie. Saterdag 18 Junie is dit liga op die Thabazimbi baan en sal daar nie ander spelers kan speel nie aangesien daar 80 ligaspelers op die baan gaan wees.
Thabazimbi speel teen Rooiberg en die Veterane teen Brits. Vrydag 24 Junie is dit weer Interaksie gholf en Saterdag 25 Junie is dit ‘Foursomes’ kampioenskappe oor 27 putjies. Spelers moet in pare inskryf.
Daar is elke Woensdagmiddag die Pick ‘n Pay Sundowner. In die wintermaande word daar net ses putjies gespeel. Spelers kan ook elke keer as hulle 18 putjies speel, aan die Eklektiek deel neem.
Een van die klub se lede, Wim Diedericks, gaan hierdie jaar die Comrades hardloop. Sterkte word hom toegewens namens die klub.

Science Of Sport – Golf

Great Golf Courses Of Southern Africa

Golf: Greatest Ever Moments