Entertainment

Bergboegoe kuier by Assen

THABAZIMBI – Die Bergboegoe uitstappie gaan more, 11 Junie, by ‘n plaas naby Assen plaasvind. Alle belangstellendes gaan mekaar om 06:50 by Engen kry sodat daar om 07:00 vertrek kan word.
Die groep gaan dan hul Kierieklappervriende om 07:30 by Koedoeskop ontmoet vanwaar die groep na Assen sal vertrek. Soos in die verlede beloof dit ‘n baie leersame en interessante uitstappie te wees.
Die koue oggendlug sal vinnig verdwyn met ‘n koppie koffie en ‘n lekker eetdingetjie. Daar gaan ook heerlik gepraat word oor al die dinge van die veld en met die saamstap word die bome naderby verken.
Almal is welkom. Bring net eie eet-, drink- en soetgoed. Vir verdere inligting kan Anton van den Berg gekontak word by 082 775 6768.