General

Waterbronne beperk

ELLISRAS – Waterbronne in die Mokolorivier opvangsgebied is beperk. Voorgestelde ontwikkeling in die opvangsgebied sal die aanvraag verhoog en addisionele druk plaas op ‘n reeds skaars bron.
Die Departement van Waterwese en Bosbou, as die bewaarder van waterbronne, moet die huidige water situasie ten volle verstaan om te verseker dat die waterbronne verantwoordelik bestuur sal word om toekomstige regverdige en billike lewering van water aan al die verbruikers te verseker. Die Mokolo opvangsgebied wat in die Limpopo Provinsie geleë is, dek ‘n gebied van 8387 km². Die opvangsgebied strek van die Waterberge deur die boonste grens van die Sandrivier, insluitend die Mokolodam en ‘n aantal sytakke wat by die Mokolorivier aansluit, tot sy samevloei met die Limpoporivier.
Die vyf hoofgebruikersgroepe in die opvangsgebied is industrie, mynwese, krag opwekking, huishoudelik en die grootste gebruiker, landbou. Landbou gebruik tot 87% van die beskikbare water. Die toenemende mynaktiwiteite en ‘n nuwe kragstasie sal addisionele druk plaas op die huidige waterbronne – water wat lewensbelangrik is vir ekonomiese en sosiale ontwikkeling.
Om geïntergreerde waterbronbestuur te verseker, moet drie studies gedoen word, naamlik opdatering van die hidrologie en sisteemmodelle van die Mokolorivier opvangsgebied; die geldigverklaring- en bewysleweringsproses van al die water wat gebruik word en ‘n Potensiele Skatting, Water Bewaring- en Aanvraagbestuur, insluitende ‘n sosiale studie om die kennis, houding en gebruike van gebruikers in die opvangsgebied.
Publieke vergaderings word gereël wat sal plaasvind gedurende hierdie studietydperk wat na verwagting teen Mei 2006 afgehandel sal wees. Die eerste rondte vergaderings sal gedurende Julie gehou word.Belangstellende partye word uitgenooi om met die studiegroepe te vergader om meer omtrent die studiekomponente, datums, tye en vergaderplekke te wete te kom.
Vergaderings as volg: 19 Julie 2005 – Alma Boerevereniging saal, 09:00 tot 16:00, 20 Julie 2005 – Vaalwater Boerevereniging saal, 09:00 tot 16:00 en Machauka Lodge, Lephalale (Ellisras), 09:00 tot 16:00. Leah Matlala kan gekontak word by (015) 290 1456 vir meer inligting.