“Snow King and Queen”
THABAZIMBI – Die Mnr en Mej Thabazimbi Landbouskou vind vanjaar op 4 Augustus om 18:00 op die skougronde plaas. Dit is ook vanjaar die eerste keer in 51 jaar wat die kompetisie oopgestel word vir die groter Thabazimbi area wat Setaria, Northam, Amandelbult, Swartklip en Dwaalboom gaan insluit.
Die inskrywingsvorms is beskikbaar by Thaba Spar, Studio III, Thabazimbi Landbouskou en Joshua Doore. ‘n Inskrywingsfooi van R100 is betaalbaar met die inhandiging van die vorm. Die tema is vanjaar “Snow King and Queen” wat beteken dat die deelnemers warm kan aantrek.
Die kompetisie sal nie vanjaar, soos al die vorige jare, in die Trollope saal aangebied word nie, maar in ‘n Marké tent. Die vermaakkunstenaar vir die aand is “Louwrens” wat beloof vir ‘n aand vol opwinding en vermaak.
Die Compare is George en albei is afkomstig van Pietersburg. “Skoukoors”, ‘n kort komedie deur die RiVo toneelgroep, sal ook gedurende die aand vertoon word. Toegang vir alle toeskouers wat die geleentheid wil bywoon, beloop R15 per volwassene en R10 per skoolgaande kind.