Skopboksers presteer by “Gauteng Challenge”

THABAZIMBI – Die plaaslike skopboksspan het verlede naweek uitstekende resultate behaal by die “Gauteng Challenge” wat in die Bedfordview winkelsentrum aangebied was.
Johan Pieterse en Michael Buys het hul opponente uitgeslaan. Die twee vegters sal dan ook op spesiale uitnodiging aan ‘n “Pro-Am” toernooi vir gevorderde vegters deelneem by “The Emporer’s Palace” einde Augustus.